Ek ken 'n man
wat woon in 'n land
waar 'n honderd-duisend vure
lank na donker nog brand
Hier waar hy woon
is dit sin'lik en skoon
eet hy kreef en cabernet -
glo dis hoe mense moet bly
Hy bou sy huis van steen en glas:
- 'n eiland in die donker
met art deco klas -
hier by die muur wat sy huis omring
woon hy sonder om te hoor hoe al
die stemme sing
woon hy sonder om to hoor hoe almal
nader kring
(koor)
Hy wil nie weet nie
wat ons moet eet nie
dis nou die tyd
dis nou ons Weenen
Hy wil nie hoor nie
hoe klink die koor nie
wat sing hoe lyk dit by ons Weenen
kom kyk hou lyk dit by ons Weenen
Ek ken 'n man
war die skaduwee vrees
wat in sy kamer oor die muur val
waar hy laatnag nog lees
Die fluistering
van duisend stemme wat sing
dring deur die vensters en die mure
soos die wind se geruis
Hier in sy huis van steen en gla**
- sy eiland in die donker
met art deco klas -
begin hy weet, en begin hy sweet,
want skielik hoor hy by die muur wat al
die stemme sing
skielik weet hy in sy hart hoe almal
nader kring
(koor)
Ons dink hy weet nou
Ons dink hy hoor nou
Ons dink hy voel nou vir ons Weenen
Ons dink hy weet nou
Ons dink hy hoor nou
Ons dink hy voel nou vir ons Weenen