Coenie De Villiers - Weenen lyrics

Published

0 104 0

Coenie De Villiers - Weenen lyrics

Ek ken 'n man wat woon in 'n land waar 'n honderd-duisend vure lank na donker nog brand Hier waar hy woon is dit sin'lik en skoon eet hy kreef en cabernet - glo dis hoe mense moet bly Hy bou sy huis van steen en glas: - 'n eiland in die donker met art deco klas - hier by die muur wat sy huis omring woon hy sonder om te hoor hoe al die stemme sing woon hy sonder om to hoor hoe almal nader kring (koor) Hy wil nie weet nie wat ons moet eet nie dis nou die tyd dis nou ons Weenen Hy wil nie hoor nie hoe klink die koor nie wat sing hoe lyk dit by ons Weenen kom kyk hou lyk dit by ons Weenen Ek ken 'n man war die skaduwee vrees wat in sy kamer oor die muur val waar hy laatnag nog lees Die fluistering van duisend stemme wat sing dring deur die vensters en die mure soos die wind se geruis Hier in sy huis van steen en gla** - sy eiland in die donker met art deco klas - begin hy weet, en begin hy sweet, want skielik hoor hy by die muur wat al die stemme sing skielik weet hy in sy hart hoe almal nader kring (koor) Ons dink hy weet nou Ons dink hy hoor nou Ons dink hy voel nou vir ons Weenen Ons dink hy weet nou Ons dink hy hoor nou Ons dink hy voel nou vir ons Weenen

You need to sign in for commenting.
No comments yet.