Land van groot dors, ek reis op die swart lyn deur jou hart wit hartebeeshuisie en 'n eensaam windpomp, wat windstil lê en wag, vir storms om lewe te bring Omhels my met soet reuk van die reën, 'n blitsvloed wat sterk oor my voete vloei. Karoo blues, voer my lepel in die mond omhels my 'n laaste keer, voor ek huis to gaan. Verlate vlaktes wat vir my wink smeek my om hierdie wind bestaan te staak verdrink my sorge in jou droë oseaan omvou my in die eenvoud van sterre, hemel, maan Omhels my met soet reuk van die reën, 'n blitsvloed wat sterk oor my voete vloei. Karoo blues, voer my lepel in die mond omhels my 'n laaste keer, voor ek huis to gaan.