Coenie De Villiers - My Huis lyrics

Published

0 280 0

Coenie De Villiers - My Huis lyrics

met Karen Zoid My hart is soos 'n huis Wat gebou is op 'n rots Wat uitkyk oor die see Bo die water se geklots Hy is gepantser teen die winde Wat aanstoot teen die kus Hy beskut sy kamers binne Word 'n skuiling om in te rus Mense woon daar in my huis: 'n pa, 'n ma en 'n kind hulle kyk deur die huis se vensters word deur die son op die see verblind Hulle kom en gaan soos mense maar doen Ja, die huis word soms verwaarloos Dan maak ek flink die luike oop Al bied dit weinig troos Die mense in my huis is soms selfs argeloos en tog is ek bly hulle's hier want op 'n manier is ek aan elke een verknog Hulle leef in die kamers van my huis Eet die kos wat ek daagliks berei Die jaar draai stadig op sy rug En dan's die seisoen verby Hulle pak hulle koffers en ta**e (en) verlaat die huis een-een en skielik staan die kamers leeg en weer woon ek alleen

You need to sign in for commenting.
No comments yet.