Coenie De Villiers - Man Op Die Brug lyrics

Published

0 140 0

Coenie De Villiers - Man Op Die Brug lyrics

Man teen die luglyn Man op die brug Hoor hoe die water Verleidelik sug Soos 'n liggaam gereed Vir ontvangenis Van 'n stad se vergooides Wat hunker en rus 'n Oomblik net hang hy 'n meeu aan 'n tak en dan klief sy skedel die modderbruin vlak Die water klots hewig Teen versinkte beton En 'n lewe beur terug Na sy eertydse bron Altyd weer spronge na vergetelheid van misdeeldes, berooides verstoot deur die tyd 'n Baggerboot vind hom geswolle, beslyk in 'n stad se annale die soveelste lyk Die water stroom voort Van die grysbruin rivier Wat vorentoe see word en wegduin op wier Maar ag, op 'n nag Staan 'n man op die brug En hoor hoe die water Verleidelik sug...

You need to sign in for commenting.
No comments yet.