By jou is ek nie bang nie Maak dit alles tog weer sin By jou is nagte veels te kort En gemaak om te bemin By jou dra ek nie maskers nie Kan ek wees net wie ek is En stroop ek elke laag af Van die lewe se vernis By jou word elke bloekombos 'n orkes van duisend fluite wat soet en sag musiek maak in die suidewind daar buite By jou sien ek die Noorderlig In die son wat sawens sak Word die sommerreën nóg mooier As dit snags val op my dak By jou ken ek die antwoord Op die vrae wat almal vra Word my las meteens tóg ligter Word dit maklik om te dra By jou word elke bloekombos 'n orkes van duisend fluite wat soet en sag musiek maak in die suidewind daar buite