Coenie De Villiers - Die See By Paternoster lyrics

Published

0 186 0

Coenie De Villiers - Die See By Paternoster lyrics

Die see by Paternoster is 'n ander see meneer hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer wat grys en koud kombers maak 'n visser nederig hou ja, hierdie is 'n see, meneer selfs soeter as 'n vrou Die see hier by Saldanha, het 'n hart, meneer, ek sweer hy wis alles van verlange, ken die eensaamheid se seer; en as die skuite iewers dobber op die branding van die baai gee hy kreef diep uit sy brandkluis ja, daar's vis hier op ons kaai (koor) Kom lê vanaand by my, my lief die see sal aanhou dreun Ja, lê vanaand by my, my lief die mishoring sal kreun en diep-diep in die nanag steeds die morester bly roep deurnag wieg my bootjie in die donker langs jou sloep In Jacobsbaai se see, meneer, kan jy jou nette sprei laat sak maar deur die deining ja, daar's vis in die kontrei Die hemel word 'n koepel waaronder ons kan werk die see hier word 'n katedraal en die oseaan ons kerk Luister na die see, my kind en luister na die wind jou hart sal hier kom nesmaak en die Weskus aan jou bind (koor)

You need to sign in for commenting.
No comments yet.