Coenie De Villiers - Net 'n Bietjie Liefde lyrics

Published

0 137 0

Coenie De Villiers - Net 'n Bietjie Liefde lyrics

"Net 'n bietjie liefde!" eis die kleinste strompelaar; en eis hiermee die hoogste wat 'n sterfling kan ervaar. (koor) Vra alles behalwe die hoogste want liefde gevra is te veel. Vir eindige mensies soos ons is, is liefde gevra eens te veel. "Net 'n bietjie liefde!" is die bakvis se versoek; maar weet nie dat sy end-uit na hierdie droom gaan soek. (koor) "Net 'n bietjie liefde!" roep die digter radeloos want sonder hierdie dryfkrag is sy versies waardeloos "Net 'n bietjie liefde?" sug die huisvrou na haar dag. (Vermoed dat sy 'n leeftyd op dié wonder gaan bly wag.) "Net 'n bietjie liefde?" huil die ou vrou sy's terminaal; en weet dat sy daarsonder die laaste grens moet haal. Mensekinders, almal, kleuter, digter, swaar bejaarde, vra rykdom, roem, gesondheid, vra blinkgeod uit die aarde, vra alles wat die gode bied, die wyn, die vrou, die lied - vra alles behalwe die hoogste want liefde gevra is te veel, vra alles behalwe die liefde want liefde gevra is te veel.

You need to sign in for commenting.
No comments yet.