Coenie De Villiers - Zansibar lyrics

Published

0 88 0

Coenie De Villiers - Zansibar lyrics

Ma staan by die venster Haar kombuis is wit en blou en sy wonder of my pa dalk van iemand anders hou Aan haar vinger blink die troupand waar sy borde staan en was en terwyl sy saggies neurie pak sy drome uit haar kas (koor) Sy is skielik jare jonger en dra 'n rok van groen tafsy sy eet 'n ryp papaja langs die nate oopgesny Die maan sit soos 'n Budha in die lug bo Zanzibar - iewers hoor sy stemme en die klank van 'n kitaar Maar ma se droom verbrokkel dis nog 'n doodgewone dag met my pa se kos wat eenkant in die lou-oond staan en wag Ja, ma se droom verbrokkel dis nog 'n doodgewone dag met my pa se kos wat eenkant soos my ma moet staan en wag Om tienuur skink sy koffie sit die koppie eenkant neer sy luister na die radio om die eensaamheid to keer Die huis is stil en donker, die servette opgevou dis dan wanneer my ma kan reis deur bloot haar oë toe te hou (koor) Sy's eensklaps drie-en-twintig en sy ruik na wit jasmyn en die oseaan by Zanzibar word die kleur van donker wyn 'n Man leun oor haar skouer daar's 'n tulband om sy kop "Dis tyd om te gaan slaap," sê hy en loop die marmertrappe op Maar ma se droom verbrokkel dis nog 'n doodgewone dag met my pa se kos wat eenkant in die lou-oond staan en wag Ja, ma se droom verbrokkel dis nog 'n doodgewone dag met my pa se kos wat eenkant soos my ma moet staan en wag

You need to sign in for commenting.
No comments yet.