Ek staan hier alleen langs jou graf
En ek wens so graag jy was nog hier
Dat ons net kon praat, en ons trots laat vaar
En ek net jou pa kon wees
Net die beste wil ek vir jou hê
Maar daai woorde was nooit net gesê
En hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min
Om oor te beginn... n
Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind
Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen
Jou woorde draai steeds in my, kop
Daar is soveel wat ek pa nog wou vra
Maar eendag moes jy, ook 'n pa word my kind
En dan sou jy alles verstaan
Soos 'n pa wat sy lewe sou gee
Met sy trane die see weg sou vee
Maar hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min
En niks maak meer sinnn... n
Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?
In Jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind
Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen
Toe in die nag het Hy jou kom haal
En in my smart besef ek te laat
Jy't my altyd gedra, maar ek bly nog jou pa
Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief, jy's my kind, jy's my kind
Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen
Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?