Amper
Steve Hofmeyr
Inleiding
As jy eendag, miskien
In 'n droom oor ons weer sien
Hoe vêr 'n mens kan travel, op 'n mieliedorsmasjien?
Om deur die beeskraal en sy kallers
By die hooimied jou te vra
Is ek amper in jou drome?
Want jy is rêrig in my hart
Is ek amper in jou drome?
Want jy is rêrig in my hart
As jy eendag, miskien
In 'n droom oor ons weer sien
Hoe vêr 'n girl kan travel, met 'n skaam elektrisiën?
Ek sou lig maak op jou paaie
En 'n kers wees vir jou kaart
Was jy amper in my drome?
Maar rêrig in my hart
Was jy amper in my drome?
Maar rêrig in my hart
As jy eendag, my vra
Hoe't ek my vanmelewe gedra?
Toe jy my kom vertel het, van 'n beter man se plaas
Sou ek jou sê, jy't als gemis, toe ek my rug wegdraai
Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart
Ek was amper in my drome
Jy was rêrig in my hart
Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart
Ek was amper in my drome
Jy was rêrig in my hart