Alles wat leef moet eendag sterf 'n Blom, 'n boom, selfs die hoogste berg moet eendag voor die winde swig en vlakte word - dis die tyd se plig So word die bos se blare molm Word 'n stomp gebrand in vuur So word sneeu weer immers water Ja, daar's min wat langer duur Dus skryf ek teen die donker in Elke woord word 'n nuwe begin Want jy sien, opsluit is 'n song uit jou pen 'n manier om die dood te ken, 'n manier om tyd te wen Op die keper beskou is die son reeds oud
oor die gang van tyd word hy klein en koud Al wat is, gaan eendag dood Selfs die vrug in 'n vrou se skoot So is dit selfs met die liefde Wie wil glo dat dit eendag taan? Dit maak die liefde juis kosbaar As jy weet dat ook dit vergaan Dus skryf ek teen die donker in Elke woord word 'n nuwe begin Want jy sien, opsluit is 'n song uit jou pen 'n manier om die dood te ken, 'n manier om tyd te wen